Terug na Boshof tuisblad

Vrystaat Landbou Streekvergadering op Boshof gehou op 5 Mei 2011

Mnr Kobus Breytenbach, voorsitter van die wet en ordekomitee van Vrystaat Landbou (VL) se uitvoerende bestuur, was die hoofspreker tydens die jaarlikse streekvergadering van streke 12 (Bultfontein en Hoopstad) en 13 (Boshof, Dealesville en Hertzogville) van Vrystaat Landbou wat op 5 Mei te Boshof gehou is.

Mnr Breytenbach het gesÍ dat landbou besig is om sy kop op te tel. Kommoditeitspryse (graan, wol en vleis) is beter en grondpryse styg en hy sien beslis 'n toekoms in landbou.  Die vraag na voedsel neem al hoe meer toe.

Hy het verwys na die groenskrif oor grondhervorming en gesÍ dat enigiets daarin wat teenstrydig is met die grondeienaar se basiese regte op sy grond, in die Grondwethof betwis gaan word.   Die onlangse uitspraak in die mineraleregtesaak wat deur Agri SA aanhangig gemaak is, impliseer dat die ontneming van mineraleregte deur die staat van private grondeienaars neerkom op onteiening en bevestig die fundamentele beginsel in artikel 25 van die Grondwet dat eiendom nie onteien kan word sonder vergoeding nie. Die voorgestelde wet op verblyfreg waarmee landbouers nou skrikgemaak word, en wat neerkom op onteiening van grond, sal op dieselfde wyse hanteer word.  

Die ondersteuning wat VL van sy lede kry, maak dat hulle nooit sal opgee nie.  Al hierdie sake sal in die howe betwis word.  Oor die belangrikheid van voedselsekuriteit het hy verwys na die Minister van Landbou se onlangse opmerking dat boere wat uitwyk na die Kongo, nie 'n invloed daarop sal hÍ nie.  Hy het gesÍ hy verskil van haar, want elke enkele boer wat sy besigheid staak, sal 'n invloed op voedselsekerheid hÍ.  KommersiŽle boere produseer vir die mark en bestaansboere produseer slegs vir eie gebruik en miskien 'n paar bure.

Breytenbach het ook melding gemaak van plaasaanvalle wat die afgelope tyd afgeneem het danksy lede se betrokkenheid.  Volgens hom, werk VL se veiligheidsplan en misdaad neem tot 80% af daar waar die plan in plek is.  Hy reken die 36% werkloosheid in die Vrystaat, dra by tot misdaad Ė sommige  mense wat nie werk het nie, pleeg misdaad, het hy gesÍ.  Hy het ook gewys op talle plaasaanvalle wat deur VL se Intelligensiediens voorkom is en daarop gewys dat hierdie diens aan alle lede wat daarvoor vra, gratis beskikbaar gestel word.

Oor die ooreenkoms wat met die regering bereik is oor die Lesothogrens, het hy gesÍ dat dit wil voorkom asof die beveiliging deur die weermag beter is as deur die Polisie, maar die res van die ooreenkoms wat met die regering bereik is ten opsigte van die aanbring van 'n grenspad en die grensheining teen 31 Julie 2010 is nog nie nagekom nie en die saak is nou weer by Vrystaat Landbou se regsverteenwoordigers.

Hy het gesÍ dat Vrystaat Landbou van mening is dat die organisasie iets reg doen en dat sy lede op grondvlak maak dat dit gebeur.  "Ons het die leiers en doen dit met passie en as ons saamstaan, het ons eendrag en mag.   Daar is 'n toekoms vir ons en ons nageslag.  Dit hang net af hoe ons dit gaan bestuur", het hy gesÍ.

 

Mnre Kobus Breytenbach, Henk Vermeulen (hoofbestuurder VL), Willie Goosen (VL verteenwoordiger van streek 13), Willie Weich (voorsitter Agri Boshof), Mev Ria van Staden (VL), Mnr Danie Retief (provinsiale landboubestuurder van Standard Bank) en Mnr Bernhard van Zyl van Suidwes Landbou