Silwer Hare-projek kry hupstoot

"Wild Bunch" van Kimberley Bikers Church skenk groot.

Salon Tressa het 'n projek, Silwer Hare, begin en doen vir die afgelope tyd liefdadigheidswerk by Huis Goedversorg deur senior burgers se hare te versorg.

Hulle het aanvanklik hul eie produkte gebruik, maar het, om ekstra fondse te bekom, onlangs silwer blikke by sommige besighede op die dorp vir diť doel geplaas.  Groot skenkings is tot dusver ontvang van Hester Potgieter (Tupperware), Lizette Kruger (Bendel Drukkery) en Johann de Villiers (Prokureurs), waarvoor hulle baie dankbaar is. Rachel Muller het 'n Tupperware-hamper ter waarde van R1000 geskenk, waarvoor hulle R30-lootjies verkoop.

"Wild Bunch", lede van die Bikers' Church in Kimberley het, te danke aan Haneli Smith,  die kersie op die koek geplaas deur onlangs die mooi bedrag van R2600 te skenk.

Hulle sÍ hulle het 'n  kol-lektelys hiervoor die rondte laat doen en van Boshof se boere het ook bygedra. 

Tressa is baie opgewonde oor hierdie skenking, want hulle benodig dringend nuwe haardroŽrs by Huis Goedversorg en sal dit nou kan aankoop.

Sy sÍ enige sent wat rondlÍ, sal vir hulle baie beteken en is welkom, kyk uit vir hul blikke of kom direk na Salon Tressa.

Boshof tuisblad