Rooidak Skool die eerste in Vrystaat met swembad
'n
Interessante brokkie geskiedenis waarvan min mense kennis dra, is die feit dat
Rooidak Skool die heel eerste skool in die Vrystaat was wat sy eie swembad gehad
het.
Herman
van Wyk was in 1943 in matriek en hy vertel soos volg :
Mnr
J J de Klerk, die skoolhoof, het een oggend in die saal aangekondig dat daar 'n
swembad gebou moes word en dat Mnr van der Spuy (die Duitse onderwyser) dit sou
reël en toesig hou.
Al die seuns moes inspring om die gat vir die swembad te grawe.
Maande lank is daar namiddae en Saterdae gewerk. Hulle het nie baie ver
gevorder nie, of hulle kom af op soliede ysterklip. 'n Boer-seun maak egter 'n
plan.
Hulle het met hout en steenkool vuur gemaak op die klippe om dit warm te
maak.
Sodra hulle goed warm was is die klippe natgegooi sodat dit kon bars.
Daarna is dit gekap en uitgehaal en kon die werk volstoom voortgaan.
Die seuns was oorywerig, en toe Mnr van der Spuy weer sy oë uitvee, was
die gat te diep!
Toe moes hulle weer toegooi.
Einde 1943 was hulle klaar, en in 1944 is die swembad gebou en in gebruik
geneem.
Ek
het talle aangename skooldae-herinneringe wat gekoppel is aan die swembad.
Terwyl ek op skool was, het ons tydens LO-periodes geswem, nog galas
gehou en het Rooidak 'n swemspan gehad waarmee rekening gehou moes word.
In
daardie jare mag die seuns en dogters nie saam geswem het nie.
So kon die seuns
Maandae en Woensdae en die dogters Dinsdae en Donderdae die swembad
gebruik.
Al wanneer seuns en dogters saam mag geswem het, was wanneer die swemspan
afrigting gekry het – weliswaar genoeg aansporing vir 'n tiener om te sorg dat
jy lid is van die swemspan!
Waarom die swembad nie meer gebruik word nie, weet ek nie, maar dis 'n jammerte!
Rita Wessels
Die swembad soos dit tans daar uitsien
Rooidak swemspan : 1971
Agter:
Jellie Smith, Donkie Kolver, Le Roy Ebersohn, Gielie Lotz, Dirk Beukes
Middel:
Santa de Kock, Orna du Plessis, Herma Lombard, Sanet van Zyl, Isabel van Zyl,
Kiewiet, Jorika du Toit, Nelie Scheepers
Voor:
Santie Niemann, Willem Otto, Johan Coetzee, Rita de Kock, Madelein Fraser, Smit,
Ina Beukes
Heel
voor: Tits
Lotz, J Lombaard, Ina de Kock