Rooidak Matriekklas van 1970 hou reünie
Agter
Stoffie
Burger
(van den
Berg),
Tienie
Neethling,
De
Villiers
(Tampan)
Bosman,
Elna
Cilliers
(van
Graan)
Middel
Cicil
(Spotlight)
van
Reenen,
Sannie de
Lange
(Swart),
Marié
Olivier
(Barry),
Antonette
Burger
(Lombard),
Isabel
Kotze
(Geldenhuys)
Voor
Hester
Niemann
(Pretorius),
Hannes
(Otter) du
Plessis,
Lenie Nel
(du
Plessis),
Jurie van
Wyk, Gerda
Olivier
(Botha)
Cicil van Reenen (Spottie) skryf: Liewe Maats Dit was 'n onvergeetlike naweek toe die 1970 matrieks bymekaar gekom het vir die 40 jaar reunie in Boshof! Die weersiens was 'n belewenis. Dankie aan Otter, Lenie en Hester wat dit gereël het en elkeen wat moeite gedoen het om te kom! Besondere dank aan Hannie Laning, Zahn Spies en Ernest Brooks wat ook by ons aangesluit het. Alle voorbehoude wat ek gehad het om Rooidakskool en Boshof weer te sien, is te ruste gelê. Dis 'n riem onder die hart om te sien hoe diegene wie se lewensreise hulle nie op ver paaie gelei het nie, die tradisies laat gehoue bly het binne die veranderde klimaat en omgewing. Ek het die grootste repek vir die hoof en sy personeel dat hulle die skool so mooi bewaar het en uitgebou het tot die dinamiese leeromgewing wat dit tans is. Die kinders wat, nes ons, buite die koshuis gespeel het, het net so gelukkig gelyk, as wat ons was. Die akademiese standaard is steeds hoog en die leerlingtal meer as dubbeld as in ons dae! Ek het my verstom aan die nuwe geboue in die dorp en die diversiteit van besighede wat daar gevestig is. Dis 'n skande dat daar nie eers een handelsbank tak in die dorp is nie. Dit dwing inwoners om elders te gaan vir hulle besigheid en ek is seker dat dit die ekonomie van die dorp 'n erge knou gee! Bordeaux gasteplaas was die ideale plek vir die reunie. Die verkeidenheid van plekke waar mense kon sit en gesels was ideaal! Die gasvryheid van Christa, Danie en die kinders was voortreflik! Weg van die hedendaagse tegnologie, kon ons onder 'n heldere sterrehemel en sekelmaan ou bande weer vasbind en vergete herinneringe herroep. Besonderse dank aan die skoolhoof, Danie Nieuwenhuizen en Ds Lindo Pieters wat ons so met ope arms ontvang, en welkom laat voel het. Die enigste iets wat ek aan die naweek sou wou verander het, is die paaie vol slaggate van Hoopstad tot Hertzogville! Met die terugkeer het ons Kimberley om gery! Tot ons weer ontmoet, liefdegroete. Spottie 356 Olive StreetCenturion 0157 Tel: +27126442377Cell: +27828520551 |
REüNIE-INDRUKKE (10
-12
September
2010) Om
eerlik te
wees, was
ek nooit
een vir reünies
nie, want
dié
prentjie
was in my
kop:
groepies
wat
rondstaan,
maar
afgetrokke,
oënskynlik
ongesiens
rondloer;
ander teen
‘n muur
–
bordjie
met halfgeëte
snoepertjies
op die
skoot –
onbetrokke. Hiérdie reünie was anders, uniek. Ek moes dit voorsien het, want ons matriekklas van 1970 was mos van altyd af net dít: anders en uniek. Ten spyte daarvan dat sommiges onherkenbaar geword het (vetter of maerder, blesser of mooier!), was die weersiens telkens blyer en luidrugtiger. Deur verslag oor wederhelftes, loopbane of kleinkinders het ons mekaar opnuut ontdek en gou-gou meestal onophoudelik gelag oor daai tyd se manewales. “Onthou
julle…”
het die
refrein
geword wat
veertig
jaar
gelede met
‘n blink
draad aan
die nou
gebind
het: ‘n
Blou
onderbroek,
hoog en
vrolik en
‘n moeë
lappieskombers
halfmas
teen die
vlagpaal
was ons
meisies se
weerwraak
op ‘n
koue stort
net omdat
ons
Vastrap se
ou klok
wou steel;
‘n arme
gestremde
maat is
uit sy
driewiel
én sy
ysters
geblits
met ‘n
spieël;
‘n
groenspan-dirigent
is na
Petrusburg
(van alle
plekke!)
ontvoer;
‘n
rugbyspan
(dames vs
nie-sulke-dames)
se
losskakel
kon nie
eers die
bal van
die grond
lig nie
–
nevermaaind
deur die
pale skop;
Landsdiens-
en
CSV-kampe
waar kyse
gemaak en
gebreek
is. Om nie
te praat
van
daardie
matriekafskeid
toe ‘n
vuurpyl
vanaf die
nederige
Rooidakskool
gelanseer
is – die
wye
sterrehemel
in! En
agterna
het ons
ons min
gesteur
aan die
voorvroue
van die
dorp wie
se tonge
geflits
het oor
die kort
rokkies!
Volkspele-aande
met
“suidewind”
– al in
die ronde,
al in die
donker…
Maar al is daar tot laatnag gesels, elke oomblik vasgegryp, word jy aan die einde van die naweek gelaat met onvoldoening: “Ek wou nog weet… Ek wou nog sê…” En
so met die
her-beleef
van talle
insidente,
die
herontmoeting
van die
rolspelers,
het dit
weer en
weer
getref:
hierdie
besonderse
groepie
mense wat
dit
meegemaak
het, was dáár
in my
vormingsjare
–
elkeen
onherroeplik
deeltjie
van
myself. Saterdagoggend
se
skoolbesoek
het
gemengde
gevoelens
gelaat. So
baie het
verander:
wapen,
skoolklere,
taalbeleid,
en…
en… Tog
het die
positiewe
indrukke
gebly:
‘n
entoesiastiese,
toegewyde
hoof wat
te midde
van soveel
veranderinge
die
uitdagings
aanvaar en
die golf
ry. ‘n
Rooidakmedalje
vir hom én
sy
personeel! Tydens
Sondagoggend
se
kerkdiens,
het ‘n
hartseergedagte
in my
nesgeskop:
my reis
tussen
1966 en
1970 is
onherroeplik
verby. Om
dit in
‘n
naweek te
probeer
herleef,
is net so
futiel as
om die
wind in
jou vuis
te probeer
vasvang,
maar
uiteindelik
het een
emosie al
die ander
onder
geboender:
dankbaarheid
– omdat
ek die
voorreg
gehad het
om deel
daarvan te
kon wees. Dit
is
moontlik
dat
sommiges
van ons
mekaar
nooit weer
sal sien
nie, maar
ons sal
altyd
herinneringe
hê aan
‘n
gedeelde
verlede en
‘n
kosbare
naweek. Isabel
Kotzé (néé
Geldenhuys) |
Lenie Nel skryf: Hello
julle
almal.
Jammer
dis
so
laat.
Wat
'n onvergeetlike
naweek!
Heel
eerste
wil
ek
al
die
dank
en
eer
aan
ons
Hemelse
Vader
bring
wat
ons
40
jaar
op
ver
paaie
gelei
en
op
so
'n
manier
weer
bymekaar
gebring
het.
Dankie
vir
die
lekker
gesels
en
saam
wees,
ou
bande
wat
weer
gebind
is.
Baie
Dankie
dat
julle
daar
was!!
Toe
ons
met
die
belanning
begin
het,
was
almal
met
wie
ek
gepraat
het
so
entoesiasties
en
opgewonde
en
ek
het
baie
keer
gewonder
of
ons
nie
dalk
teleurgesteld
sal
wees
nie,
maar
nou
kan
ek
nie
uitgepraat
raak
oor
die
naweek
van
11
en
12
September
nie.
Nadat
ek
10
minute
in
julle
teenwoordigheid
was,
het
die
gryshare
en
bleskoppe
verdwyn
en
was
julle
weer
net
dieselfde
klasmaats
wat
ek
40
jaar
gelede
met
'n
traan
gegroet
het.
Julle
is
"great"!!
Aan
ons
onderwysers
wat
daar
was,
Baie,
baie
dankie,
al
noem
ons
julle
nou
op
julle
name
het
julle
steeds
respek
afgedwing,
dit
was
so
lekker
om
julle
te
sien.
Die
oggend
by
die
skool
was
wonderlik.
Ek
was
so
trots
op
die
skool.
Ek
het
soveel
respek
en
dank
aan
die
skoolhoof
en
sy
personeel,
die
ontvangs
het
my
onder
my
voete
uitgeslaan.
Baie
dankie
daarvoor
en
mag
julle
net
van
krag
tot
krag
gaan.
Toe
ons
uit
Boshof
ry,
was
dit
natuurlik
met
baie
weemoed
en
hartseer
want
dit
is
die
plek
waar
ek
my
lewe
begin
het,
ek
het
die
Here
gedank
dat
Hy
saam
met
my
op
my
lewensreis
was
en
dat
ek
weet
ek
moet
my
toekoms
ook
saam
met
Hom
loop.
Dankie
Jurie,
Hannes,
Petro
en
Hester
julle
is
staatmakers
duisend.
Nogmaals
dankie.
Ek
sluit
af,
Ek
is
baie
lief
vir
julle
almal.
Heb.
12:1-3.
Tot
ons
weer
sien.
Ek
is
glad
nie
n
skrywer
nie,
maar
ek
loop
oor
van
dinge
wat
ek
graag
nog
wou
sê!
Baie
Dankie
|