Matrieks van 1964 kuier weer saam

Wynand Theron

Die 1964 Matriekklas van die Rooidakskool het gedurende die naweek van 17 – 19 April op Boshof teruggekyk oor 50 jaar sedert hulle die skool verlaat het. Van die 29 wat die reünie kon bywoon, was 18 teenwoordig en saam met Biologie-onderwyseres, Hester Louwrens, het hulle die besoek aan Boshof deur en deur geniet. Die feesviering het Vrydagmiddag begin met die aankoms van die maats en hulle metgeselle by die onderskeie gastehuise en ander oorslaapplekke en Vrydagaand is daar heerlik gekuier by Mocha Java. Saterdagoggend het die maats op eie stoom plekke in en om die dorp besoek en van 11:00 af is daar heerlike tee en eetgoed geniet in die Dienssentrum van Huis Goedversorg. Trudie Pieters was uitmuntend as gasvrou en die begeleide toertjie deur die tehuis was werklik insiggewend.

Die informele kuier in en om Boshof is voortgesit tot 16:00 toe almal weer by die Boshof Hotel bymekaargekom het waar GW Liebenberg ons later die aand getrakteer het op 'n uitmuntende steak-ete. Die aand is afgesluit met 'n PowerPoint-vertoning van foto’s uit ons skooldae en ook van foto’s uit ons reünies van 2007 en 2012. Sondagoggend was ons getalle nog sodanig dat ons meer as een bank in die kerk volgesit het. Lindo se boodskap het ons almal geraak en ons gedagtes het ook hulle eie paadjies geloop, want heelparty van ons is in dié kerk gedoop, aangeneem en selfs getroud. Na die diens is die naweek se verrigtinge afgesluit met heerlike tee en soetgoed – weer eens deur GW verskaf.

Gedurende die naweek het ons ou bakens opgesoek – die skool, ou woonplekke, die glyklip op die koppie buite die dorp, daardie geheime vry-plekkies, en strate is op-en-af gery – soveel dinge is beleef wat ons gedagtes ver op nostalgiese paaie teruggevoer het. Daar is selfs 'n bordjie met die woorde “Rooidakskool” op die hoek voor die DaCapo Gastehuis ontdek!! En dan was daar ook die veranderinge wat met verbasing en amper skok waargeneem is. Die asbaan rondom die rugbyveld, waar so baie van ons hardloop-spore lê, het verdwyn. Die oop mark-geboutjie agter die stadsaal is nou nie meer so oop nie, die Rooidak-Museum in Jacobsstraat het toegemaak  en die bekende Gompie se Kafee is ook anders…  Ja, die ou dorpie, wat meer as 'n halfeeu gelede 'n pad deur ons harte kom loop het, het in soveel opsigte verander, maar tog het baie dinge ook dieselfde gebly. Daardie dinge koester ons, en ons laat net voetspore op ou Boshof agter en neem 'n rykdom van herinneringe en versterkte vriendskapsbande met ons saam.


Aan elkeen wat bygedra het om die naweek onvergeetlik te maak – baie dankie.

Soli Deo Gloria – aan God alleen die eer.

 

 

 

Sittend: Marina du Plessis (de Vries)/Wynand Theron/Marlinda Bóning (van den Berg)/Willem Pienaar/Alta Goosen (Gouws)/Koos du Plessis/Marie Jacobs (van Vuuren)/Tobie Jooste/Elize de Villiers (Jacobs)

Iste Ry Staande: Esther van Wyk (Groenewald)/Hannatjie Weich (Wiesner)/Erna Erasmus (Teubes)/ Magda vd Merwe (Hartslief)/Elna van Zyl (Weinrich)/Christa Theron (Pienaar)/Rosa Benson (Nel)/Kooitjie Theron (Cloete)/Evadne Leighton (Mansell)/Helena du Toit (Coetzee)/Sarie van As (Nel)/Sanette Badenhorst (Vermeulen)

2de Ry Staande: Chris Beyelefeld/John Hartslief/Piet Wiese/Le Roux Botha/Ben van Rensburg/Leon Lotter/Piet Strauss/Andries Engelbrecht/Johan Jacobs/Theuns Nel/Ian Daniel

Agter: Koos (Dup) du Plessis, Jakes Jacobs, Elna van Zyl (Weinrich), Marina du Plessis (de Vries), Rosa Benson (Nel), Helena du Toit (Coetzee), Esther van Wyk (Groenewald)

Middel: Theuns Nel, Elize de Villiers (Jacobs), John Hartslief, Le Roux Botha, Erna Erasmus (Teubes), Hannatjie Weich (Wiesner), Sanette Badenhorst (Vermeulen), Wynie Theron

Voor:  Magda van der Merwe (Hartslief), Christa Theron (Pienaar),  Willem Pienaar.

 

Die 18 reüniegangers saam met die gades.

 

Vrydagmiddag:   Die eerste gaste daag op

Willem Pienaar en John Hartslief by 'n baie besondere pad-aanwysing

Drie klasmaats wat hulle hele hoërskool-loopbaan van bo in Jacobsstraat skool toe en teruggestap het,   Christa Pienaar,  Magda Hartslief en Elna Weinrich

Saterdagoggend se tee in die Dienssentrum van Huis Goedversorg met Trudie Pieters as gasvrou

Trudie Pieters deel gedagtes met die reüniegangers in die Dienssentrum

Joan du Plessis, Christa Pienaar en Adri Beylefeld in druk gesprek. Hannatjie Wiesner staan agter.

Saterdagnamiddag:   Die groep ontspan by die hotel

 

Erna Erna Teubes, Elize Jacobs en Esther Groenewald gesels lekker oor die ou dae

Die groep wat Sondagoggend nog die kerkdiens kon bywoon

Onder-hoofseun, Dup du Plessis en hoofseun,Willem Pienaar groet mekaar tot die volgende reünie

Terug na Adresblad