Rita Wessels
Toe
die 1971 matrieks in September verlede jaar reünie gehou het en mekaar in baie
gevalle vir die eerste keer in 40 jaar gesien het, het iets wonderliks gebeur.
'n Groepie van die klasmaats het mekaar en vir Boshof herontdek, en het
die naweek van 25 Februarie reeds vir die tweede keer na die reünie weer
bymekaar gekom om sommer net lekker te kuier en die vriendskapsbande wat só
lank verwaarloos is, stewiger te bind.
Hierdie saamkuier word nou 'n gereelde instelling, en ander oud-skoliere
wat ons klas se leerlinge nog onthou, is welkom om te kom saamkuier.
Ou vriende bly maar die beste!
Die bal is reeds onder die klas van ’71 aan die rol gesit vir die groot Rooidak reünie wat mnr Nieuwenhuyzen vir later vanjaar beplan, en ons klas daag ander klasse uit om beter verteenwoordiging op daardie reünie te hê as ons!
van
links is