Helene se hartewens om aan Noot vir Nooit deel te neem, word bewaarheid

Helene Smit van Mocha Java op Boshof was onlangs 'n deelnemer aan Johan Stemmet se musiekprogram, Noot vir Noot op televisie.  Sy sę sy was 10 jaar oud toe Noot vir Noot die eerste keer gebeeldsend is en dit was van toe af haar hartewens om eendag aan hierdie program deel te neem.  Sy sę sy het nooit gesę sy wil dit wen nie, maar dat sy dit wil speel.   Mense wat na die uitsending gekyk het, kon sien dat sy dit baie geniet het.  Sy het ook nie sleg gevaar nie en het Boshof trots gemaak.  

Toe ons haar vra waar haar liefde en kennis van musiek vandaan kom, lap sy nog 'n geheim uit. Wat seker nie baie mense weet nie, is dat haar ouers voorheen in 'n orkes op Hoopstad gespeel het – Pa Connie kitaar en dromme en ma Miem, die keyboard.  Verder sę sy, was daar maar altyd musiek in die huis en in haar lewe en toe trou sy nog met Carel wat 'n sanger is en reeds CD's uitgegee het.   Haar broer Nelis, is ook 'n sanger.

Boshof tuisblad