Boshof se vleisprodusente bly van die beste in die land

Wenners van Nasionale karkaskompetisie uit Boshof

Ons gelukwense aan Kruger Bonsmara (Louw, Frikkie en Louwtjie Kruger) wat die wenners van die Kampioen enkelkarkas (99.94), asook die Reserwe Kampioen groep karkasse (98.58) in die Nasionale beeskarkaskompetisie vir 2012/2013 is.   Hulle het die  kalwers verlede jaar in November by die Koopmansfontein Boerevereniging se kompetisie ingeskryf.

Ook aan Johan Lotz wat met sy groeplamkarkasse wat hy verlede jaar by Boshof Rooivleis Expo ingeskryf het, die derde plek in die Nasionale lamkarkas-kompetisie behaal het.

Hierdie jaar was Boshof Rooivleis Expo se karkaskompetisie weer baie straf en dis duidelik dat produsente 'n baie hoŽ standaard handhaaf.  Die punteverskil tussen die eerste drie plekke in die enkel beeskarkaskompetisie was minder as 'n half persent.  Veels geluk aan Andrie de Kock van die plaas Doornlaagte wat die kampioen  (99.20) ingeskryf het, Glen Voerkraal was tweede met 'n punt van 98.99 en Broer de Waal derde met 98.80.

Glen Voerkraal was ook die wenner van die kampioen en reserwe kampioen groepkarkasse, terwyl Andrie die derde plek behaal het.

In die enkel lamkarkas-kompetisie het JC Lotz die wenner met 98.97 ingeskryf en Jacques Conradie die reserwe kampioen met 97.23, en hy het ook die derde plek wenner ingeskryf.  Jacques het ook die kampioen groep lamkarkasse met 'n punt van 95.28 ingeskryf en JC Lotz die reserwe kampioen groep en die groep van Michiel de Kock het die derde plek behaal.

JC Lotz was ook die wenner van die enkel slaglam op die hoef beoordeel, asook van die groep enkellammers.  Johan Pretorius se groep lammers was tweede en Jacques se groep derde. Jacques se enkellam was tweede en diť van Johan Pretorius 3de.

Baie geluk ook aan hulle almal Ė Boshof is trots op die hoŽ gehalte slagvee wat in die distrik geproduseer word.

Tuisblad