'n Baie geslaagde Wildinligtingsaand op Boshof gehou

Wild van die veld na die tafel

Nog 'n baie geslaagde gesamentlike byeenkoms van Agri Boshof, hierdie keer deur Boshof-Wes en De Hoopboereverenigings, is in Oktober gehou en dit het oor wild en verwante bedrywe gegaan.  Dit was 'n aandfunksie en daar is heerlik gekuier oor 'n ete van 'n groot verskeidenheid wildvleispotte en ander  wildgeregte.

Die hoofspreker by die geleentheid was Dr Maretha van der Merwe, Omgewingsgesondheidskonsultant van die WRSA wat passievol is oor die wildvleisbedryf in Suid-Afrika en 'n voorstaander is van die gebruik van wildvleis.  Sy't verwys na die vordering wat op die gebied van wildboerdery gemaak is.  Wildgetalle was op 'n stadium so min in Suid-Afrika dat dit eintlik onbeduidend was, maar vandag is daar reeds 12 000 geregistreerde wildplase in die land en is daar ongeveer 20 miljoen stuks wild beskikbaar en in vergelyking met die rooivleisbedryf, is daar meer wild beskikbaar as wat daar beeste is.  'n Studie het ook bewys dat baie beesboere reeds omgeswaai het na wildboerdery omdat dit per hektaar meer winsgewend is.  

Die WRSA het 'n verantwoordelikheid, nie net teenoor sy lede nie, maar ook om verbind te wees tot voedselsekuriteit en produksie van vleis sal teen 2050 moet verdubbel om alle honger mae te voed.   Suid-Afrika voer tans 2 000 ton wildvleis uit na Europa, maar die behoefte is eintlik 200 000 ton.  Daar is wel 'n klomp reŽls en regulasies waaraan voldoen moet word, maar dit is 'n opsie vir die toekoms. Die belangrikste vereistes vir wildvleis is die naspeurbaarheid daarvan en dat inspeksie daarop uitgevoer moet word.  Hierdie twee vereistes is nie tans afdwingbaar nie.

Jan publiek toon ook steeds weerstand teen die gebruik van wildvleis, byvoorbeeld, dit ruik nie lekker nie, dis nie so skoon nie, dit kan nie lekker sappig gaargemaak word nie en dis belangrik dat hierdie persepsie moet verander word voordat ordentlike bemarking gedoen kan word.

Die skema maak voorsiening daarvoor dat wild op plase geskiet en vleis verwerk kan word. Belangrik is dat opleiding moet verskaf word aan persone wat met die vleis werk en wat vleis en fasiliteite moet inspekteer.  Alhoewel die departement belowe het dat hierdie regulasies in Januarie hierdie jaar afgekondig sou word, is in Januarie besluit dat daar weer gekyk moet word na die bestaande konsep wildregulasies wat reeds sedert 2004 bestaan, maar wat geskoei is op die rooivleisbedryf en waar van 'n abattoir gebruik gemaak moet word.  Sy sÍ egter dat 'n abattoir in die wildbedryf nie relevant is nie.  'n Prosesseringsaanleg is nodig en slegs 'n plek om die dier te ontvang en van sy vel te stroop voordat dit na die prossesseringsaanleg gaan. Alhoewel die slagproses in die veld plaasvind moet daar 'n slagfasiliteit geregistreer word en die oogmerk was om vir die kleiner wildboer 'n kans te gee om sy produk op die plaaslike mark te kan verkoop.  Die slagfasiliteit is gemagtig om baie basies te kan wees.  Nog 'n gedeelte van die skema wat beding is, gaan oor vleisinspeksie wat onafhanklik moet geskied.

Doelstellings van die WRSA is om die standaard op gelyke vlak met internasionale standaarde te bring en om veilige vleis van hoŽ kwaliteit te lewer.

Sy het beklemtoon dat higiŽne, veiligheid en naspeurbaarheid van wildvleis baie belangrik is.  Personeel wat daarmee werk, moet  spesiale opleiding kry.

Ten slotte het sy ook die gesondheidseienskappe van die gebruik van wildvleis vir die mens, uitgelig en vergelyk met ander rooivleis.

Ander sprekers was Kallie van Romburgh van Afrivet en Willem Smith van Kuda Insurance wat oor hulle produkte gepraat het en Richard York van Golden Breeders in Limpopo, met 'n groot passie vir wild, het interessante feite rondom die stoetteling van eksotiese wild gegee.

Baie dankie aan die volgende vir hulle bydraes tot hierdie geleentheid:   GWK en Hawie Bosman van GWK, Afrivet Ė Kallie van Romburgh,  Africaís Best Taxidermy,  Abela Game Breeders, Buffelcor en Langkop Boerdery,  WRSA,  KUDA versekering,  Lubern Ė Willem Pretorius, Venison Fellows, Wesmark Ė Boshof,  Gordon, en soos hulle sÍ, laaste, maar nie die minste nie, Calla van Niekerk wat die bul by die horings gepak het met al die reŽlings om die aand moontlik te maak.

Terug na tuisblad