Terug na Boshof tuisblad

Toy Ungerer - Oud-Rooidakker bereik groot hoogtes

Toy Ungerer (Aletta du Plooy) wat in 1963 in Rooidakskool gematrikuleer het, en wat op ouderdom 59 weer na jare aan atletiek begin deelneem het, het in Julie vanjaar in Sacramento, Kaliforni aan die Wreld Meesters Atletiekbyeenkoms deelgeneem in die 100, 200, en 400m naellope en verspring, waar sy twee brons, twee silwer medaljes, en nuwe SA rekords in die verspring en 400m behaal het. 

Rooidak Skool kan voorwaar trots wees op hierdie oudleerling. Sy het nie net die Sportvrou van die Jaar 2010 toekenning van meesters Atletiek in die SWD ontvang nie, maar ook die Suid-Afrikaanse titel.   Sy het reeds twee keer SA Kleure ontvang in die ses jaar wat sy aan meestersatletiek deelneem en kry binnekort vir die derde keer SA kleure. Het talle SA en SWD rekords agter haar naam, en meer goue medaljes as waarvoor sy breplek het.

Sy is tans Voorsitter van Meesters SWD, rig skoolkinders van alle rasse af terwyl sy saam met hulle oefen, doen ook motiveringspraatjies oor die ''kopskuif'' wat gelei het tot haar suksesvolle loopbaan.

Toy is op 15 November 1945 in Kimberley gebore.  Sy is van geboorte af  Toy genoem, maar omdat familiename tradisie was, is sy, op aandring van haar pa,  Aletta du Plooy gedoop. Sy s die enigste kere wat sy hierdie naam gehoor het, was as haar ma na haar geroep het en sy gemaak het asof sy nie hoor nie.

Haar eerste skooljare was in Kimberley by West End Primary School. Atletiek en gimnastiek was toe reeds 'n groot liefde, soveel so dat sy nog onthou hoe ernstig siek sy geword het nadat sy eenkeer in die bed was met masels en opgestaan het om aan 'n byeenkoms te gaan deelneem.

Aan die einde van graad 5 (Std 3) het haar pa tussen Kimberley en Boshof begin boer. Hy het gehoor van hierdie uitstekende afrigter, Mnr Ivor Potgieter, op Boshof en het haar by Rooidak ingeskryf.  Sy s sy het tot vandag toe nog, hierdie uitstekende wegspring uit die blokke wat hy haar geleer het. Sy onthou nou nog hoe hy sy sakdoek op die grond neergesit het, presies waar haar eerste tree moes wees en hoe hy, oor en oor gedemonstreer het hoe jy daardie eerste tree moes:  KAP!

 Sy onthou die sewe wonderlike jare van haar lewe wat sy op Boshof deurgebring het.  UT PROSIM DAT EK TOT NUT MAG WEES die skool se leuse sal haar altyd bybly.

Hier was atletiek en netbal haar voorliefde en haar pa haar grootste ondersteuner omdat hy self  'n kranige atleet was.  Hy het oral met haar gery waar sy moes deelneem.

Na skool is sy Oudtshoorn Onderwys Kollege toe, waar sy netbal gespeel het, maar geen atletiek nie omdat sy gewoond was om op 'n asbaan te hardloop en daar net 'n grasbaan (die rugbyveld) was.  Die kollege was nie ingestel op atletiek nie.

Dis ook hier waar sy haar man, Nico ontmoet het, getroud is en uit hul huwelik is 'n dogter en 'n seun gebore. Sy het tot op ouderdom 37 geen sport gedoen nie en toe die kinders begin groter word, het sy begin tennis speel.

Hulle is nou 43 jaar getroud en hul twee kinders is 41 en 34  jaar oud. Die oudste, hul dogter, het twee pragtige kinders, 'n dogter van 17 en 'n seun van 14.   Hul seun is onlangs eers getroud en het nog nie kinders nie.

Nico, is die Ford en Mazda Handelaar op Oudtshoorn en geniet elke oomblik van sy dag om nog te werk, want motors is sy passie.  Hy leef sy droom, want vandat hy sy verstand gekry het, het hy gedroom/gespeel om in die Motorbedryf sake te doen, s sy.

 

Toy, die atleet

 

Toy en Nico Ungerer 

 

Toy en Nico saam met hul skoonseun, Callie Human en dogter, Adri en kleinkinders, Juan en Lee Ann  

 

Hul seun en skoondogter, Nico en Elke

Kleindogter, Lee Ann (in aksie)

In 'n  uitsending van Kopskuif onlangs op RSG is 'n onderhoud met haar uitgesaai en ons was gelukkig om 'n transkripsie daarvan te kry. Lees hier van Toy se kopskuif:

 

 Kopskuif Onderhoud met Toy Ungerer

1.       Wat het jou gemotiveer om weer met atletiek te begin na 42 jaar wat jy nie gehardloop het nie?

Ek het tennis gespeel en soms vinnig op 'n bal afgepyl, dan het van my tennismaats altyd gevra hoekom ek nie begin met atletiek nie.  So het kosbare jare verlore gegaan, want ek het nie geweet daar bestaan so iets soos Meesters Atletiek nie.

Op een wonderlike dag, amper sewe jaar gelede, op ouderdom 59, 42 jaar nadat ek skool verlaat het, sien ek 'n advertensie van 'n byeenkoms op Oudtshoorn en hul soek baanbeamptes. Ek skakel toe die kontakpersoon (Frans Kalp), maar hy oorreed my toe om liewers te kom hardloop. So sluit ek toe by Meesters aan en skryf myself in vir die 100m al waarvoor ek kans gesien het.

Oefen so 'n bietjie voor ons huis in die straat saans as dit donker is, wou tog nie gesien wees nie.

Die groot dag breek toe aan, gewapen met duur tekkies, hittegrade 40 grade plus waag ek toe my lewe.  Voor die skoot klap, moes ek op aanbeveling van almal maar die tekkies uitskop, want op tartan werk dit glo nie dit klou sou seker vassit in die hitte van daardie dag.  Nodeloos om te s: my tone  was vol blase. Hierdie keer was dit lekker blase gewees! Die begin van ses plus wonderlike jare van my lewe!

Vandag is dit vir my 'n groot voorreg om vir u te vertel van Meesters Atletiek.

 

2.       Hoekom noem jy hierdie : wonderlike jare van jou lewe?

Ek het skatryk geword in hierdie tyd. Nie geld nie, maar ervarings. Ek geniet elke oomblik hiervan tot om moeg te wees van oefen is vir my lekker.  Dit het vir my 'n sterk gesonde liggaam gegee.  Dit het my van binne ook sterk gemaak. Ek is 'n baie dankbare mens, dankbaar vir my gesondheid en vir al my seninge. Mense s altyd dis Genade dat ek so kan hardloop, maar vir my gaan dit nog verder as Genade dis vir my Seninge! So 'n bederfie!

My deursettingsvermo en dissipline het verdubbel. Ek het wonderlike nuwe vriende en kennisse oor die hele land en wreld bygekry. Tot my man wat niks in sport belang stel nie stel intens belang in my atletiek. Hy neem my orals waar ek moet hardloop, hys die eerste een wat weet wat my tyd is as ek klaar gehardloop het, wat vorms moet voltooi en laat teken, as dit 'n SA rekord is, en is my finansier.

 

3.       Het jy reg van die begin af so goed gevaar ?

Ek moes baie oefen om te kom waar ek vandag is.  Daardie eerste dag het ek tweede gekom in die 100m. Ek was so ver agter die eerste dame, my man het hom dood gesukkel om ons twee saam op een foto te kry. En vandag kan ek vir jou met GROOT DANKBAARHEID in my hart s : ek wen haar nou.

 

4.       Stel jy vir jouself enige doelwitte?

Ek stel vir myself gedurig nuwe doelwitte. As jy nie doelwitte het nie, kan jy net sowel ophou met oefen. En die lewe is tog  EEN GROOT DOELWIT! Toe ek die 100m baasraak, was dit die 200m, toe die 400m en die nuutste was die verspring. Die 100m en 200m gaan saam as 'n paartjie. Die 400m het ek begin doen vir stamina vir die 200m.

So sien ek op die internet dat ek plyometrics moet doen horisontaal en vertikaal spring. Dis nou vir plofkrag. Dink toe ag, ek kan mos nou net sowel verspring! So 'n paar keer geoefen voor 'n SA Kampioenskappe en met 3de sprong breek ek die SA Rekord wat sedert 1985 gestaan het.

My nuutste doelwitte : Ek werk baie hard daaraan! Ek wil BAIE GRAAG die 200m rekord in SA breek.   Ek is al die SA rekordhouer van 100m, 400m en verspring in hierdie ouderdomsgroep 65+.

In die 60+ ouderdomsgroep was ek die SA Rekordhouer van 100m en verspring.

 

5.       In watter ouderdomsgroepe neem jul deel?

Elke vyf jaar gaan jy oor na die volgende ouderdomsgroep. Dit begin by 30 dan 35 ens. Jy neem ook deel in ouderdomsgroepe van vyf jaar.

 

6.       Hoekom s jy : aan die begin van 'n nuwe ouderdomsgroep is jou kanse die beste?

Jy is veronderstel om stadiger te hardloop as jy ouer word, elke jaar tel. Soos byvoorbeeld iemand van 30 se kanse is net beter as een van 34 om te wen.

 

7.       Hardloop jy ook al stadiger?

Met wonderlike Seninge van Bo, gaan dit met my al beter en beter.

         Ek het in drie jaar se tyd die 100m SA Rekord, vandat ek dit gebreek het sewe keer verbeter in die Ouderdomsgroep 60+.

         Die verspringrekord in die ouderdomsgroep 60+ het ek gebreek en 3 keer verbeter.

         In 2007 het ek in Itali aan die Wreld Kampioenskappe gaan deelneem, myself voorgeneem om in die finaal te eindig (toe nog net 100m en 200m), wat ek toe ook gedoen het 6de plek en ons was 42 atlete.

         Nou met die afgelope Wreld Kampioenskappe het ek teruggekom met vier medaljes (een in elke item) 2 Brons en 2 Silwer.

         Ek het in die 400m semi-finaal die aand agt uur die SA Rekord gebreek met een sekonde beter en die volgende oggend 8 uur weer amper een sekonde beter as die vorige aand (amper twee sekondes in totaal)

Ek spot altyd en s ek wil die statistieke herskryf.  Ek wil nog vinniger hardloop en ek kry dit reg ook.   Jy gaan my seker vra, hoe kry ek dit reg?   Ek moet dit in Engels stel: I dont practice harder, but smarter!  My kop werk ook net so hard hieraan.  Iemand het al hierdie stelling gemaak: Ek is 'n ou model motor met min kilometres op so ek is uitgespaar. Dis glo hoekom dit so goed gaan met my.

Ek het net na twee jaar as Meesteratleet my   i) SA Kleure toekenning ontvang en alweer daarna 'n   ii) her-toekenning ('n balkie wat onderaan ons wapen kom).  Volgende jaar met ons SA Kampioenskappe ontvang ek weer iii) 'n her-toekenning (nog 'n balkie).

  1. Wat presies is die boodskap wat jy vandag aan almal wil oordra?

Hierdie jaar by ons SA Kampioenskappe het ek die toekenning ontvang van Meesters Suid Afrika se Sportvrou van die jaar 2010.   Ek het geen afrigter nie en meeste van die tyd oefen ek alleen. Ek doen internet navorsing en bel in wonderlike boeke om te weet hoe om te oefen.

  1. Waarmee wil jy hierdie gesprek afsluit?

Ek wil s graag vir almal s : Moenie ophou leef nie! Begin vandag.  Begin om fisies iets met jou lewe te doen jy het net een lewe hier op aarde.  Ek wil s graag almal motiveer, daarom deel ek my ondervinding.  voel so goed, ek wil dit deel met ander, voel asof ek op 'n bergtop kan gaan staan en dit uitbasuin!                       

 

Nico en Toy Ungerer op hulle bootreis

Hieronder is Lee-Ann (in Nutcracker) 

Terug na Boshof tuisblad