Oud-Rooidakker stal kunswerke in Kimberley uit

Rowland Daniel, beeldhoukunstenaar van Potchefstroom het onlangs sy werke in die William Humphrey's Kunsgallery in Kimberley uitgestal saam met die werk van Prof Attie Gerber, bekende fotograaf en lektor in dokumentre  video en fotojoernalistiek verbonde aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom en Jody Oln, tekenkunstenaar ook van Potchefstroom.  Hierdie uitstalling van beelde, klein en groot, geraamde foto's, pen en ink- en potloodsketse met die titel, "Die Begin" was 'n lus vir die oog en was vir drie weke daar uitgestal.

Rowland, gebore in 1954 as die jongste seun van vyf broers en 'n suster van Sydney en Poppie Daniel, destyds 'n bekende familie van Boshof en  hy is bekend aan die meeste oud-Rooidakkers. Hy was van sub A tot matriek in Rooidakskool en woon tans op Potchefstroom waar hy voltyds beeldhouwerk doen.

Hy s sy beeldhouwerke is uiteenlopend van aard omdat elkeen oor 'n lang tydperk, soms maande, voltooi word. Met verloop van tyd gebeur baie dinge wat jou aanvanklike beplanning rondom 'n beeldhouwerk aansienlik verander, soos byvoorbeeld die ontdekking van nuwe mediums. Hy kan hom ook nie losmaak van die wreld of omgewing waarin hy leef nie; geestelike en politieke invloede, wreldgebeure, dinge wat jou moed gee of breek, hoop en liefde het alles 'n positiewe f negatiewe werking op sy geestestoestand wat weer direk f indirek 'n invloed op sy skeppingsproses het en dit is duidelik in sy werke te sien.

Hy werk intutief en laat hom lei deur materiaal, tegnologie, inspirasie en passie. Met die skep van 'n beeld sal sekere simbole en abstrakte vormgewing tegelyk ook verskillende betekenis h en dus laat hy dit aan die toeskouer oor om die beelde self te interpreteer.

Rowland word verder gemotiveer deur Johann Wolfgang von Goethe se stelling dat geloof die kern van die mens is: Man is made by his belief. As he believes, so he is en hy glo dat alle mense se lewens deur een of ander geloof christelik, mitologie, astrologie ens - benvloed word en dat diegene daarsonder doelloos en verarm is.

Omdat hy na aan die natuur leef, speel herwinning al hoe meer 'n groter rol in sy keuse van materiaal; weggooi staal, klip en stene van myne en bouprojekte geniet voorkeur terwyl hy voordurend sy o vir enige materiaal oophou wat die tekstuur en afwerking van 'n beeld kan bepaal.

 

Rowland, Jody Oln en  Prof Attie Gerber.  Hulle staan by een van Rowland se werke

FD Hugo, Rowland en Magriet

Mareth en FD Hugo, Rowland, Magriet, Ann en Albert Pretorius (Ann is Direkteur van die William Humphreys Gallery

 

 

Terug na Tuisblad