Reünie 1979

Die 1979 matriekklas van Rooidakskool het die naweek van 27 tot 28 Junie hul 30-jaar reünie gehou.

Almal het Saterdag van vroeg oggend af op die plaas Middendeel bymekaargekom, van sover as Pretoria en Glenco in Natal en daar is gekuier tot eenuur toe Mnr Nieuwenhuizen almal met 'n bus laat haal het vir 'n besoek aan die skool.

Op 'n toer deur die geboue is baie "onthou jy nogs" gehoor. Die besoek is in die personeelkamer afgesluit, waar verversings geniet is.

Terug op die plaas, het almal toetsrugby gekyk en die aand is heerlik saam om die braaivleisvuur gekuier.

Sondagoggend is die erediens in die NG Kerk waargeneem deur Ds Lindo Pieters, wat ook 'n staaltjie ten koste van homself saam met die groep onthou het. Hy het vertel van die aand toe die KJA, waarvan hierdie groep lede was, 'n besoek aan die begraafplaas gebring het en die spook wat deur Rita Beylefeld se pa georganiseer is, hom vasgekeer het.

Na die diens is gou nog 'n laaste kuier by Wisteria Gastehuis ingekry met tee en gevulde pannekoeke. Mnr Ernst Brooks (oud-onderwyser) en Elsa het saam tee gedrink.

Sò het 'n heerlike naweek tot 'n einde gekom.

Op die foto hieronder is van links: Carel van der Merwe, Tol du Toit, Elza van Jaarsveld, Wania Kruger, Magda Barnard, Adriana Erasmus en Coenie Botha.

Die onderste twee foto's is van Sarel Bornman en Rita Beylefeld.

 

Reunion Photo of 79
Sarel Bornman Rita Beylefeld

 


Home ] Up ]