Klas van 1960 hou reünie

(na 50 jaar)

Van links, voor:  Ina Bothma (van Graan), Mart Cilliers (van den Berg), Judith Pienaar (Botha), Ina Steynberg (du Plessis), Norma Syfferdt (Polley), Ella Hayes (du Plessis), Juliet Schoeman (van Zyl) 

en agter:  Pieter Groenewald, Johan Theron, Johan Coertzen, Brink Bosman, Carel Hoffman, Nantes Nel en Johan Otto 

(nog 'n foto van klas met wederhelftes en onderwysers, hieronder)

Die naweek van 9 Oktober 2010 het die 1960 matriekklas gesellig reünie gehou.

Saterdagoggend om 10:00 het ons by  Hoërskool Boshof ontmoet. Ons is hartlik ontvang deur Mev. Agatha Steyn en een van die leerders Onalenna Mmusi. 

Dit was 'n wonderlike ervaring om ou vriende weer na soveel jare  te sien. In sommige gevalle was dit werklik die eerste keer in 50 jaar omdat hulle nie vorige reünies kon bywoon nie. 

Mev. Steyn het ons namens die skoolhoof en personeel verwelkom en ons vertel van die huidige stand van sake. Ons was een en almal beïndruk met die hoë standaard wat gehandhaaf word. Onalenna het ons vertel van haar persoonlike ervaring as leerder. Die lojaliteit van leerders teenoor die personeel en ook die lojaliteit van die onderwysers teenoor die leerders het ons beïndruk.

Ons het gesellig saam verversings  geniet en ver op ou paaie geloop met byna-vergete staaltjies. Die middag is die die Rooidak Museum besoek en almal het dit baie insiggewend gevind.

Van vroegaand het ons heerlik gekuier by die Boshof Lodge (ons borg) wat uit hul pad gegaan het om in almal se behoeftes te voorsien.

Sondagoggend het ons as groep die erediens wat deur Ds. Lindo Pieters gelei is, bygewoon . Hy het 'n baie gepaste  boodskap aan  ons en die 2010 matrieks gebring (dit was Sondag biddag vir matrikulante).  

Na afloop van die diens het ons afskeid geneem met die belofte om weer in die toekoms bymekaar te kom. Beslis nie eers oor 50 jaar nie!

Hester & Johan Otto

Voor:  Dr. en Mev. Greyling (Mej. Maxie van der Walt, onderwyseres), Ina Bothma (van Graan), Judith Pienaar (Botha), Ina Steynberg (du Plessis), Ella Hayes (du Plessis), Mev. en Mnr. Luwes (onderwyser)

Middel: Juliet Schoeman (van Zyl), Mart Cilliers (van der Berg), Martie Steyn (Jacobs), Elize Coertzen, Martin en Norma Syfferdt (Polley), Sophie Hoffman, Hester en Johan Otto, 

agter: Pieter Groenewald, Johan Theron, Johann Coertzen, Brink Bosman, Carel Hoffman, Hugo Hayes, Bettie en Nantes Nel.

Home ] Up ]