Reünie 1959
Rooidak-matriekklas van 1959 hou reünie
Van
links,
agter:
Issie
Grobler
(van den
Berg),
Marieta
Vrey
(Markgraaff),
Marie Louw
(van den
Berg), Sus
Goosen
(Pienaar),
Anna
Cilliers
(Botes),
Martha
Opperman
(Botes) en
Malie
Wessels
Voor:
Johan Ras,
Gert
Pretorius,
Dirk
Potgieter,
Gert
Louwrens,
Abe du
Plessis,
David
Bredenkamp
en Dirk
van der
Walt
Anna
Cilliers
en Martha
Opperman
is 'n
tweeling
en sò is
Malie
Wessels en
David
Bredenkamp
Die naweek
van 17 tot
19 April
het 17 van
die 1959
matrikulante
van
Rooidakskool
by
Bordeaux
Jag- en
Gasteplaas
vir 'n reünie
saamgetrek.
Vir baie
van hulle
was dit
die eerste
ontmoeting
en besoek
aan Boshof
in die 50
jaar na
skoolverlating.
Vrydagmiddag
het die ou
klasmaats
een na die
ander op
die plaas
aangekom,
party van
so ver as
Pretoria
en
Kaapstad.
Teen
halfagt is
aandete
geniet.
Die vleis
wat
gebraai
is, was
afkomstig
van Esma
(Marais)
en Danie
de Waal en
Sus
(Pienaar)
en Piet
Goosen se
plase.
Daar is
tot
laataand
gekuier.
Saterdagoggend
na ontbyt
het Mnr.
Danie
Nieuwenhuizen,
huidige
skoolhoof
hulle met
die
skoolbus
(nie die
ou Geel
Kanarie
nie) kom
haal vir
'n
nostalgiese
toer deur
die dorp
en daarna
skool toe.
Hulle is
by die
skool deur
leerlinge
toegesing
en ook
vertel van
hul trots
op die
skool,
waarna Mnr
Nieuwenhuizen
hulle
toegelig
het oor
die skool
se huidige
visie en
missie,
grondslag
en
prestasies.
Hulle het
ook die
geleentheid
gehad om
deur die
skoolgeboue
en -gronde
te stap en
was beïndruk
met die
netheid
daarvan.
Voordat
hulle
vertrek
het, is 'n
heerlike
vingerete
in die,
vir hulle,
nuwe
Personeelkamer
geniet.
Menige
oudleerling
se vrese
is besweer
en almal
is daar
weg in die
vaste wete
dat 'n
Christelike
lewensbeskouing,
gesonde
dissipline
en 'n
duidelike
plek vir
Afrikaans,
steeds hoë
voorrang
geniet –
en dat Hoërskool
Boshof in
goeie
hande is!!
Na 'n baie
insiggewende
besoek aan
die
Rooidakmuseum
(met groot
dank aan
Grieta
Fick) is
die groep
weer terug
na
Bordeaux
waar hulle
die middag
saam rugby
gekyk en
gekuier
het
voordat
daar weer
weggelê
is aan 'n
heerlike
aandete
met egte
Vrystaatse
biefstuk,
keurig
voorberei
deur
Hennie en
Christa de
Waal. By
dié
geleentheid
was hulle
ook
bevoorreg
om hul St
IV-onderwyseres
(Juffrou
Rita
Jacobs) en
haar gade,
Nico du
Plessis,
saam met
hulle te hê.
Daar is
die aand
weer
lekker
gekuier.
Die naweek
is
Sondagoggend
afgesluit
met die
bywoning
van Ds
Lindo
Pieters se
erediens
in die NG
Kerk, waar
sommige
van hulle
gedoop is
en die
meeste
belydenis
van geloof
afgelê
het.
Na die
diens is
tee en
heerlike
versterkings
vir die
lang pad
huis toe
geniet by
Wisteria
Gastehuis,
die gebou
wat hulle
geken het
as die ou
kraaminrigting.
Hier is
ook tot
siens gesê.
"So
het 'n
heerlike
ONTHOU JY
NOG-naweek
van
herontmoeting,
herontdekking
en
genotvolle
samesyn
tot 'n
einde
gekom."
Interessanthede oor 1959 Rooidak Matriekklas
Gerhard Louwrens van Erasmusrand, Pretoria, het vir ons die volgende interessanthede en foto's oor die Rooidak Matriekklas van 1959, wat April hierdie jaar hul 50-jaar reünie gehou het, gestuur.
Daar was 37 leerlinge in daardie matriekklas, 20 seuns en 17 dogters. Vyf is reeds oorlede, naamlik Ansie Jacobs en Pieter du Plessis (Fles) kort na skool en die ander, Koos van der Merwe (Padda), Louis Fourie (Baber) en Bennie Wiese (wat buite Boshof geboer het, die afgelope dekade). Don Botha woon tans in Brasilië en Bennie van Rensburg kon ons glad nie opspoor nie, terwyl Richard de Beer in 'n Versorgingsoord op Viljoenskroon verpleeg word.
Veertien van die 37 het saam in 1948 op Boshof begin skoolgaan en enduit tot 1959 in die klas gebly. Ses van die 14 het die reünie in April op Bordeaux bygewoon.
Op die foto hieronder is hulle van links na regs: Abey du Plessis, Sus Goosen (née Pienaar), Gerhard Louwrens, Marie Louw (née van den Berg). Marieta Vrey (née Markgraaff) en Gert Pretorius.
Die ander was Don Botha (in Brasilië) en Richard de Beer (in 'n versorgingsoord) soos hierbo genoem en Wyle Ansie Jacobs en Bennie Wiese. Die ander vier wat om verskeie redes nie die reünie kon bywoon nie, is Hannes (Mossie) Jacobs (Vanderbijlpark), Flippie Jacobs (Benoni), Bernard Markgraaff (Welkom) en Cecilia (Slaai) du Plessis (née Gerber).
In Standerd 9 was daar drie tweelinge in die klas. Die Roos-tweeling (Anna en Bettie) is egter deur die loop van daardie jaar weg uit Boshof, maar die ander twee tweelinge het tot einde matriek gebly.
Agter op die foto hieronder is die Botes-tweeling, Martha (nou Opperman) en Anna (nou Cilliers) en voor is die Bredenkamp-tweeling, David en Malie (nou Wessels).
Vier van die leerlinge en ons Standerd 4-onderwyseres is boonop met oud-Rooidakkers getroud.
Op
die foto
hieronder
verskyn
voor:
Malie
Bredenkamp
en haar
gade,
Ronnie
Wessels
(1954),
Juf. Rita
Jacobs en
haar gade,
Nico du
Plessis
(1947),
Sus
Pienaar en
haar gade,
Piet
Goosen
(1958) en
Gerhard
Louwrens
en sy
Gade,
Hester
(van der
Watt,
onderwyseres
1963 -
1966).
Esma
Marais en
haar gade,
Danie de
Waal (1947
- 1956),
was nie by
toe dié
foto
geneem is
nie.