Rooidak klas van 1957 se reünie 16 - 18 Maart  2012

Almal kuier Vrydagaand saam om braaivleis vure by Wisteria Gastehuis (ou kraaminrigting). Dis baie aangenaam om na 5 jaar mekaar weer te sien.

Twee wat toe saam gekuier het, het ons ontval, vyf kon dit nie maak nie en een nuwe gesig het bygekom. Ons was elf. 

Saterdag gaan ons op ’n plesier rit deur die dorp en aangename herinneringe word met mekaar gedeel.

Ons kuier verder by Mocha Java Restaurant waar ons hartlik ontvang word en geniet ’n heerlike ligte middagete.

 Na ete neem almal ’n ruskansie en kuier net rustig saam.

Die hoogtepunt was die Boshof Hotel se lapa  waar nog vriende by ons aansluit en daar is nou eers lekker gesels en gekuier.

Sondagoggend  word gepak en na ’n vroeë ontbyt, ontmoet ons by die kerk.

Daar kyk ons rond en herken nog hier en daar ’n bekende gesig.

Jou gedagtes dwaal terug en .... jy sien die koshuis meisies ingestap kom en daarna die seuns met ’n donderende lawaai ... Ag, nouja, nou raak ek nostalgies! 

Ds. Lindo Pieters lei die diens. Ons geniet die boodskap. 

Ons verkas na Niel en Alida se huis vir ’n heerlike koppie tee, versnaperings en neem foto’s. 

Baie dankie aan Heila wat weer eens die voortou geneem het. 

Sien mekaar DV. Oor vyf jaar weer- nè liewer twee jaar – daar word gekap in ons bos! 

Dankie, ons Hemelse Vader, vir ’n saamwees na 55 jaar! 

Groete

Hannatjie (Theron) Els

Voor: Rachel (deWaal) Maree, Hannatjie (Theron) Els, Miems (Jacobs) Pretorius, Monica Jacobs en Heila Brits

Agter: Burrie Erasmus, Niel De Wet, Bert Bosman, Wynand Du Plessis en Johan van Dyk

 

Rachel Maree, Hannatjie Els, Miems Pretorius, Monica Jacobs, Hettie Van Dyk

2de ry: Burrie Erasmus, Niel & Alida De Wet, Toelie & Wynand Du Plessis, Johan Van Dyk

Agter: Jan Els, Bert & Salomie Bosman, Heila Brits

 

Petrus en Meisie van As

Johan en Hettie (Jacobs) van Dyk en agter staan Miems (Jacobs) Pretorius

Arenda (Serfontein) en Burrie Erasmus en Rachel (de Waal) Maree

Rachel Maree en Hannatjie (Theron) Els

Hannatjie, Hettie en Johan by die Begraafplaas

Toelie du Plessis, Rachel Maree en Wynand du Plessis

Toelie du Plessis, Hettie van Dyk en Heila Brits - Rachel in die agtergrond

Heila Brits

Hettie van Dyk, Heila Brits en Toelie du Plessis

Toelie du Plessis, Johan en Hettie van Dyk en Hannatjie Els (Mocha Java)

Johan van Dyk en Wynand du Plessis

Toelie en Heila


Terug na Oud-Rooidakkers adreslys