Hierdie stoetery is geleŽ ongeveer 18km op die S339 wes

van Boshof. Dit bestaan uit 250 stoet Branguskoeie en

ongeveer 60 bulle word jaarliks bemark, terwyl koeie ook

van tyd tot tyd uit die hand en op veilings aangebied word.

Die stoet het al verskeie Nasionale kampioene

opgelewer. Beide eienaars, Willie en Dries Delport het

die toekenning van Teler van die Jaar ontvang en in 2003,

tydens die Nasionale Veiling is uit hierdie boerdery die

volgende prestasies behaal:

Reserwe Senior Kampioenbul,

Senior Kampioen rooi koei,

Senior Kampioen Swart koei; en

Reserwe Kampioen swart vers.

Uit die kudde het ook die Farmers Weekly en LNR se

Elite Branguskoei van die jaar gekom!

 

Vir 'n besoek aan hierdie stoetery,

skakel 082 856 6998

Deltaque D98-291 Nasionale Kampioen 2001


Home ] Up ]